Botter & Suiker

Botter & Suiker

R 497.00
Skip to product information
Botter & Suiker

"Kos is die bestanddeel wat ons saambring."

Botter & Suiker

R 497.00

Kos is soveel meer as net bestanddele en resepte. Dit is die reuk van varsgebakte koek in die kombuis, ’n ouma se resep wat van geslag tot geslag oorgedra word, familie wat om die tafel saamkuier en die klein oomblikke wat later van ons kosbaarste herinneringe word.

Hierdie boek is ’n stukkie van my hart. ’n Versameling van 100 resepte wat ek liefhet, resepte wat my aan mense en plekke
herinner, en resepte wat ek hoop deel sal word van jou eie familie se stories.


My hoop is dat hierdie resepte ook ’n plekkie in jóú kombuis sal vind; dat jy dit saam met jou mense sal maak, deel en geniet, en dalk selfs jou eie herinneringe rondom die etenstafel sal skep.
Want uiteindelik is dit waaroor kos gaan: mense, herinneringe en baie liefde.

Welkom in my kombuis.


Leone Smit

Persoonlike boodskap

Net ’n vinnige nota

Met ons voorafbekendstelling en amptelike bekendstelling is daar soveel liefde en bestellings ingestroom - baie dankie daarvoor!

Omdat ons elke bestelling met sorg voorberei en graag iets besonders vir ons eerste kopers wil insluit, kan verwerking en koerieraflewering tans ’n paar ekstra dae neem. 🚚

Dankie vir julle geduld en ondersteuning. Ons doen ons bes om elke bestelling en elke oomblik spesiaal te maak.

Volledige beskrywing

Botter & Suiker is Leoné se eerste resepteboek en 'n versameling van die resepte waarvoor haar familie, vriende en aanlyngemeenskap die meeste vra. Van A tot Z : elke resep is duidelik geskryf, tuis getoets en gemaak met bestanddele wat jy by jou plaaslike winkel kry.

Binne-in die boek
  • 100 resepte oor 6 hoofstukke
  • Volkleurfoto's / stap-vir-stap
  • Handige ekstras, bv. omskakelingstabelle, spenslys
  • Sagteband, 220 bladsye
  • Taal: Afrikaans
Perfek vir

Nuwe kokke, besige ouers, ervare tuisbakkers, en enigiemand wat 'n geskenk soek wat gebruik gaan word.

Wanneer sal my boek aankom?

Ná koop word bestellings binne 3-5 werksdae gestuur, en aflewering neem 2-4 werksdae, afhangende van jou area.

Kan ek 'n getekende kopie kry?

Ja! Kies net die getekende opsie of voeg 'n opdrag by wanneer jy betaal.

Stuur julle buite Suid-Afrika?

Ja, tariewe verskyn by betaalpunt / Nog nie, maar kontak ons en ons kyk wat ons kan doen.

Kan ek in grootmaat bestel?

Beslis. Gaan na die Kontak & Collabs-bladsy vir grootmaat- en korporatiewe bestellings.

You may also like